#Kultuur

Vind meer uit oor Laerskool dr. havinga se kultuur

Stokperdjieklub:

Die doel van die stokperdjieklub is om die leerders se handvaardighede te verbeter, sodat hulle artikels kan maak of verfraai deur van verskillende metodes en tegnieke gebruik te maak.
By die junior leerders word hul fyn handspiere ontwikkel en word hulle geleer om funer en netjieser te knip en plak. Die twee groepe kinders maak min of meer dieselfde artikels, maar projekte word op ‘n makliker manier vir die juniors aangebied.

Juniorkoor:

Die havies se juniorkoor bestaan uit singende rakkers wat harte propvol musiek het!
Daar word aan die leerders ten minste vier verskillende liedjies geleer. Die koorlede word gekies vanaf graad 2 tot 4.
Oudisies word gehou deur die koorafrigters.

Seniorkoor:

Die Surikata (meerkatfamilie) bestaan elke jaar uit ‘n gemiddeld van 90 – 100 koorlede.
Ons het elke jaar hope pret en neem deel aan RAK en die Tswane – Jeug Kunstefees. Surikata het ook al saam baie bekende mense opgetree soos Jak de Priester, Dewald Wasserfall en Jo Foster om maar net ‘n paar te noem. Ons sien uit om jou deel te maak van ons wonderlike Senior-Koor

Revue Elite:

Die Happy feet Revue groep is ‘n eksklusiewe dansgroep wat deelneem aan eksterne kompetisies nl. die Thswane Jeugkunstefees en RAK. Gr. 4 – 7 leerders moet by ‘n oudisie kwalifiseer en word dan verkies. Die Happy Feet groep is ‘n geleentheid vir leerdersom aan groot verhoë, beligting en kostuums blootgestel word.
Leerders geniet hierdie aktiwiteit en doen moeite om oudisies by te woon en te kwalifiseer.

Senior Redenaars:

Die senior redenaars sluit leerders vanaf Gr. 4 – 7 in.
Die doelwitte van redenaars is om ‘n beredenerende toespraak te lewer oor ‘n spesifieke gegewe tema waaruit ‘n eie onderwerp geformuleer moet word. Dit sluit navorsing om eie menings, argumente en standpunte na te vors, te ontleed en te organiseer in drie argumente in ‘n toespraak in Afrikaans in.

Junior Redenaars:

Die Junior Redenaars is ‘n kulturele aktiwiteit wat 2 maal per jaar plaasvind. Hierdie aktiwiteit is vir al ons Gr. R – 3 leerders wat sou belangstel om aan redenaars deel te neem.
Die temas is interesant en verskil met elke Redenaarsfees. Ons moedig die leerders aan om aan elke Redenaarsfees deel te neem.
Die beoordeelaars is bekwaam en gee altyd positiewe terugvoer aan elke deelnemer.
Om aan die redenaarsfees deel te neeml, gee die leerders se selfvertrou ‘n hupstoot en dit help bou aan hulle karakter.

Skaak:

Hierdie aktiwiteit vind deurlopend plaas vanaf Januarie tot Oktober. Skaak bevorder kognitiewe denke en is uitstekende stimulasie vir Gr. – 7 leerders.
Leerders word verdeel in 2 groepe nl. Juniors (Gr. 3 – 5) en Seniors (gr. 6 – 7). Die ontwikkeling in leerders is elke jaar verstommend.