
#Ons Skoollied

Ons streef steeds na die kennis
ons bou op vaste steen
In jeug word ons ontwikkel
As nasie is ons een
Die kersvlam is vir ons simbool
Van lig en hart en gees
En die kennis wat ons voortdra
Sal steeds ons rigsnoer wees
O Heer bewaar ons altyd
Van dit wat ons kan skaad
Laat ons getrou wees in ons werk
In wandel woord en daad
Ons gaan die toekoms tegemoet
Met liefde vir mekaar
Want ons weet: U is die leidsman Heer
Van hierdie kinderskaar