#Sport

Vind meer uit oor Laerskool Dr. Havinga se sport

Rugby:

Sport op skool gee vir ons leerders ‘n meer gebalanseerde lewe en ‘n gesonde leefstyl.
Met Rugby probeer ons om vir ons seuns goeie waardes, ‘n gesonde leefwyse en goeie sportmangees te kweek.
Ons het vanaf 2018 begin om o/8 15 man rugby te speel. Dit gaan ons klein seuns goed baat as hulle o/9 rugby toe gaan.
Die skoolspanne is as volg:
o/8a
o/9 a en b
0/10 a en b
o/11 a en b
3de span
2de span
1ste span

Welpie Rugby:

Tau(Welpie) Rugby is vir ons o/6 tot o/8 seuns. Ons speel in vriendskaplike sportdae by omliggende skole. Tau Rugby gaan oor die ontwikkeling van rugby en vaardighede by ons klein kinders en daarom is al die wedstryde vriendskaplik. Die groot uitgangspunt is om dit te geniet.

Netbal:

Netbaloefeninge het op 15 Maart 2021 begin vir alle ouderdomsgroepe. O/10, O/11 en O/12 oefen slegs met die groep wat daardie dag by die skool is.
Ons oefen tans nog nie in spanverband nie (tot verdere kennisgeweing) op Maandae en Donderdae vanaf 14:00 tot 15:30. Afrigters het al vele kursusse bygewoon en eksamen geskryf om hulself te bekwaam vir die nuwe seisoen.
Netbal organieseerder:
Juf. Corné Jansen van Vuuren

Mini-Netbal:

Mini-Netbal word gespeel deur die o/6  – o/09 dogters. Ons leer hulle die basiese vaardighede aan en al die posisies van netbal. Ons speel vir genot en om life te raak vir die spel. Ons prober om vir elke dogter wat gereeld kom oefen ‘n kans te gee om wedstryde te speel. Ons glo na die Mini-Netbal het elke dogter baie geleer en lief geraak vir die sport.

Hokkie:

Hokkie word in die derde kwartaal gespeel.
Ons het seuns en dogters spanne.
Liga word gespeel:
D o/10 en o/11 en 8 aan ‘n kant op ‘n halwe veld
Jnr Seuns (Gr 4 en 5) 8 aan ‘n kant op ‘n halwe veld
D o/12 en o/13 vol veld
Snr Seuns (Gr6 en 7) Vol veld.

Mini-Hokkie:

Laerskool Dr. Havinga bied mini-hokkie aan vir alle Gr. R-3 leerders. Mini-hokkie word in die 3<sup>de</sup> kwartaal beofen en elke leerderwat oefen word deel van ‘n span.
Die Gr. 1-3 leerders neem deel aan verskeie wedstryde en sportdae.
In Gr. R fokus on op massa deelname en vaardigheids ontwikkeling.
Mini-hokkie is ‘n goeie geleentheid vir kinders om binne spanverband deel te neem. Ons hoof doel by mini-hokkie is om ‘n liefde vir die sport te kweek.

Mini-Hokkie organiseerder:
Juf. Mornette Swanepoel

Krieket:

Laerskool Dr Havinga neem deel aan die Johannesburg-Wes super-liga.
Die skool het 7 spanne van o/9 tot die 1ste span.
Die Havies spog met verskeie seuns wat in die Johannesburg Wes spanne speel. Die skool se 1ste span het in 2017 die liga gewen.
Twee van ons afrigters maak ook deel uit van die Johannesburg-Wes krieket afrigters.
Verskeie van ons seuns het al Internasionaal gaan krieket speel.

Dogterskrieket:

Placeholder text

Mini-Krieket:

Mini-krieket lê die fondasie vir leerders(seuns en dogters) wat belangstel om lateraan die sport te beoefen.
Leerders word geleer hoe om te kolf, te boule n velwerk te doen. Daar is 8 leerders in ‘n span en elkeen kry ‘n geleentheid om 6 balle te boul, daar word ook 6 balle vir die kolwers geboul.
Mini-Krieket vind in die derde kwartaal plaas vir o/7’s en o/8’s.
Die leerders geniet die mini-krieket ongelooflik baie en daarom moedig ons ouers aan om hulle kinders te laat deelneem.

Atletiek:

Stap, diskus, spies en die gewone ander items word afgerig.
Aflosse word ook ge-oefen.
Seisoen is baie kort en nog baie baie intens
Afrigting is baie kortstondig want tyd is uiters beperk
Leerders wat erns maak met atletiek moet by klubs aansluit want tyd is baie min om regtig fiks en gereed te wees vir kompetisies
Atletiek het baie fasette en die Havie personeel staan saam om dit suksesvol te beoefen.

Landloop:

Landloop oefening begin reeds in die eerste kwartaal saam met rugby en netbal net na afloop van die atletiek oefening.
Landloop afrigting strek oor al vier kwartale, dis belangrik dat die atlete deur die jaar aan oefening blootgestel word.
Die landloopseisoen vind in die derde kwartaal in die vorm van ligas teen ongeveer 13 ander skole in die Wesrand plaas. Datums van byeenkomste sal aan die einde van die tweede kwartaal deurgegee word.